top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Mense van alle rasse wat tydens WW1 gesterf het, moet vereer word'

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 13
1 min read

President Cyril Ramaphosa het die noodsaaklikheid beklemtoon dat Suid-Afrika almal wat gedien en gesterf het tydens die Eerste Wêreldoorlog, ongeag hul ras, moet vereer.


Ramaphosa het gepraat tydens die herdenking van die Slag van Delville Wood in Frankryk.


SABC-nuus berig hy sê ‘n demokratiese Suid-Afrika moet ook erkenning gee aan diegene wie se bydraes onder vorige regerings misken is.


Hy sê die land kan nie die Slag van Delville Wood herdenk terwyl die manne van die SS Mendi en die Suid-Afrikaanse Naturelle Arbeidsmag afgeskeep word nie.


Ramaphosa sê Suid-Afrika moet ook verbind bly tot die vreedsame oplossing van konflik en nooit die menslike koste van oorlog uit die oog verloor nie.


FOTO: SA Military History
FOTO: SA Military History

 
 
 

Comments


bottom of page