Mense word aangemoedig om misdaad aan te meld
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Nadat die Bestuur, Openbare Veiligheid en Geregtigheid-opname 2025/26 lae vlakke van veiligheid in die nag en onderrapportering van misdaad bevind het, word mense aangemoedig om misdaad aan te meld.
Statistieke Suid-Afrika het bevind dat minder as twee uit vyf mense veilig voel om alleen in die nag te loop. Dit terwyl slegs 48% van huishoudings wat deur huisbraak geraak is, die misdaad by die polisie aangemeld het.
Die regering se woordvoerder, William Baloyi, moedig gemeenskappe ook aan om met die polisie saam te werk deur middel van gemeenskapspolisiëringsforums en buurtveiligheidsinisiatiewe.







Comments