Mense word gewaarsku om nie riool in riviere en stormwaterstelsels te stort nie

7 days ago
1 min read
Inwoners, besighede en kontrakteurs in die Mangaung-metro word gewaarsku dat dit verbode is om riool in riviere, strome of stormwaterstelsels te stort.
Volgens die Mangaung Metro-munisipaliteit hou rioolbesoedeling ’n ernstige risiko vir openbare gesondheid, watergehalte en die omgewing in.
Die munisipaliteit doen ’n beroep op sy inwoners om enige verstopte rioolpype, oorlopende mangate of vermoedelike onwettige rioolstortings aan te meld.
Hulle word ook aangeraai om weg te bly van water wat met riool besmet is en kinders en troeteldiere daarvan weg te hou.
Wanneer voorvalle aangemeld word, moet die presiese ligging, nabygeleë bakens en foto’s, waar moontlik, aan die munisipaliteit verskaf word.











Comments