top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Menslike oorskot is binne ‘n krokodil gevind

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 3
  • 1 min read

Menslike oorskot wat vermoedelik dié van 'n vermiste sakeman is, is na 'n intensiewe weeklange soektog binne-in 'n krokodil gevind.


News24 berig die sakeman is as vermis aangemeld nadat sy voertuig vroeër die week vasgekeer op 'n laagliggende brug in die Komati-rivier, in Mpumalanga, gevind is.


Daar word vermoed dat hy meegesleur is terwyl hy probeer het om die krokodilbesmette rivier oor te steek.


‘n Multi-agentskapspan het die krokodil tydens hul soektog geïdentifiseer en, nadat die nodige toestemmings verkry is, is die reptiel van kant gemaak.


Dit was tydens hierdie proses dat menslike oorskot in sy ingewande ontdek is. DNS-toetse sal nou gedoen word om te bepaal of die oorskot dié van die vermiste sakeman is.


FOTO: SAPD
FOTO: SAPD

 
 
 

Comments


bottom of page