top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Menslike oorskot is in die puin van die St Andrewsstraat-brand gevind

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 4
1 min read

Menslike oorskot is in die puin van die onlangse verwoestende brand in Bloemfontein se middestad ontdek.


Die brand het in op 23 Augustus by ’n gebou in St Andrewsstraat uitgebreek, waarna brandweer- en reddingspanne na die toneel ontbied is. Nadat die gebou veilig verklaar is, is daar begin soek na moontlike slagoffers.


In 'n verklaring sê polisiewoordvoerder kaptein Loraine Earle dat adjudant-offissier Swannie Swanepoel se vierjarige Belgiese herdershond, Parco, ’n area van belang onder die puin aangedui het.


Swanepoel het die aanduiding onmiddellik ondersoek, wat gelei het tot die ontdekking van vermoedelik menslike oorskot.


Die oorskot sal aan die nodige forensiese prosesse onderwerp word om die identiteit van die slagoffer vas te stel. Die oorsaak van die brand word ook steeds ondersoek.


Parco wys ’n area van belang onder die puin uit. SKERMGREEP: Verskaf
Parco wys ’n area van belang onder die puin uit. SKERMGREEP: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page