Menslike oorskot is in ‘n vlak graf gevind
- Nadia Pieters
- Oct 6
- 1 min read
Menslike oorskot is in ‘n vlak graf by Doorn, Welkom, gevind.
Vrystaatse polisiewoordvoerder, Sersant Palesa Thabana, sê in ‘n mediaverklaring ‘n geregtelike doodsondersoek deur die Welkom-polisie volg nadat hulle ‘n skedel, wat by die vlak graf uitgesteek het, gevind het.
Die res van die oorskot is later deur die provinsiale taakspan opgespoor, en na aanlyding van voorlopige ondesoeke is die oorskot vermoedelik die van ‘n meisie tussen die ouder van 12 en 16 jaar oud.
Ten tyde van die oorledene se dood het sy 'n swart baadjie met 'n kappie en die naam SWAGA op die voorsak gedruk aangehad .
'n Gebreekte Blackberry-selfoon is ook saam met die oorskot gevind.
Die oorsaak van dood is in hierdie stadium onbekend.

Comments