Menslike oorskot is op die UV-kampus gevind
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 54 minutes ago
- 1 min read
Menslike oorskot is in ’n asdrom op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se kampus in Bloemfontein gevind. Die voorval het naby die Wynand Mouton-teater plaasgevind en daar was ’n sterk polisieteenwoordigheid op die kampus.
Netwerk24 berig die oorskot is vermoedelik van 'n baba of fetus. Polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane sê die mediese ondersoeker se verslag is nog nie beskikbaar nie. Dié verslag sal die polisie help om te bepaal watter klagte ondersoek moet word teen wie die oorskot daar gelos het.
Die waarnemende direkteur van kommunikasie en bemarking aan die UV, Nitha Ramnath, sê die universiteit sal eers kommentaar lewer nadat die polisieondersoek afgehandel is.








Comments