top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Menslike organe is in emmers by 'n huis gevind

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 11
  • 1 min read

Die polisie in Johannesburg het op twee emmers afgekom wat oënskynlik menslike organe, geïdentifiseer as harte en longe, bevat. Dié gru-vonds is by 'n woning in Soweto gemaak.


Maroela Media berig die Johannesburgse Metropolitaanse Polisiediens se woordvoerder, superintendent Xolani Fihla, sê beamptes het ʼn wenk ontvang oor ʼn voertuig wat by dié woning gestroop word. Met hul aankoms is die voordeur halfoop gevind.


Daar is vasgestel dat die voertuig aan die nasionale Departement van Gesondheid behoort en vroeër gekaap is.


Beamptes het die eiendom verder deursoek en op twee mans afgekom waar hulle in die agterplaas weggekruip het. Albei verdagtes is onmiddellik in hegtenis geneem, waarna die organe in die emmers gevind is.


Die verdagtes word aangekla van die besit van ʼn gekaapte voertuig en die besit van menslike organe. Ondersoeke duur voort om die oorsprong van die organe vas te stel.


Die gekaapte voertuig. FOTO: Maroela Media
Die gekaapte voertuig. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page