Meta moet betaal oor sosiale media-skade
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 26
- 1 min read
’n Jurie in Los Angeles het beslis dat Meta en YouTube aanspreeklik is vir skade aan ’n jong vrou weens die verslawende ontwerp van hul platforms.
Die 20-jarige, bekend as Kaley, is sowat sesmiljoen dollar toegeken nadat bevind is dat haar geestesgesondheid as kind benadeel is deur die gebruik van sosiale media.
Meta sal 70% van die skadevergoeding betaal, met Google wat die res dra.
Albei maatskappye het die uitspraak verwerp en sê hulle beplan om te appelleer, terwyl soortgelyke sake in die VSA voortduur.








Comments