Meta moet nog opdok nadat kinders nie voldoende gewaarsku is nie

Aug 7
1 min read
‘n Regter in die Amerikaanse deelstaat New Mexico het Meta, wat Facebook besit, gelas om nog $567 miljoen te betaal nadat die hof bevind het die maatskappy het versuim om die publiek voldoende oor die gevare van sy platforms vir kinders te waarsku.
Dit bring die totale boetes in die saak op $942 miljoen te staan.
Die hof het Meta ook beveel om ‘n fonds te stig om skade aan kinders te beperk en strenger veiligheidsmaatreëls vir gebruikers jonger as 18 jaar in te stel.
Meta sê hy gaan teen die uitspraak appelleer.









Comments