top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Metro maak kapsie teen 11% watertarief-verhoging

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 2, 2025
1 min read

Die Mangaung Metro Munisipaliteit het beswaar teen die 11% watertarief-verhoging aangeteken wat vroeër deur die metro se waterverskaffer aangekondig is. Netwerk24 berig volgens die munisipale bestuurder, Sello More, is ‘n vergadering met die Vaal Sentraal Waterraad gehou om meer insig te kry oor die faktore wat tot die verhoging gelei het. Hy voeg by dat die verhoging baie hoër as die geprojekteerde 4,4% inflasiekoers is. Die metro wag nou vir die finale besluit van die Departement van Water en Sanitasie oor hul aansoek.

 
 
 

Comments


bottom of page