top of page

Metro-raad keur die aankoop van Dewetsdorppad-grond goed

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 2
  • 1 min read

Die Mangaung-metroraad het ‘n voorstel goedgekeur om gewone landbougrond langs die Dewetsdorp-pad teen 'n astronomiese R186 000 per hektaar aan te koop, vir 'n totaal van R33,6 miljoen.

Netwerk24 berig die VF Plus-raadslid Henry Denner sê die party het teen die aankoop van die grond gestem – nie net oor die beginsel van grondverkryging nie, maar oor die buitensporige prys en dat die transaksie slegs die private verkoper verryk.

Intussen sê die DA-raadslid Lyle Bouwer dit is 'n goeie ding dat die grond deur die nasionale tesourie aangekoop gaan word.

Hy voeg by dit is nie die grond nie, maar die die toerusting wat tot die prys bydra.

Die stadsbestuurder, Sello More, sê die grond is nie vir landboudoeleindes verkry nie, en dat die betrokke grond vir woonbuurtontwikkeling geoormerk is.

 
 
 

Comments


bottom of page