Metro’s bestee nie hul begrotings ten volle nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Die Nasionale Tesourie sê baie metropolitaanse munisipaliteite bestee nie hul begrotings ten volle nie, wat dienslewering aan inwoners benadeel.
Eyewitness News berig die Tesourie het nou ’n aansporingsgebaseerde toelaag ingestel, met sowat R54 miljard oor ses jaar beskikbaar.
Die stelsel werk volgens prestasie, waar fondse slegs vrygestel word indien spesifieke teikens bereik word.
Die Tesourie se direkteur-generaal, Duncan Pieterse, sê ongebruikte fondse word óf aan ander munisipaliteite herverdeel óf na die nasionale inkomstefonds teruggestuur.
Hy beklemtoon egter dat die doel is om dienslewering te verbeter en dat geld eerder in gemeenskappe bestee moet word as om ongebruik terug te vloei.








Comments