Mev SA bedank enkele maande nadat sy die titel wen
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 28
- 1 min read
Mev. Suid-Afrika 2026, Verushka Singh, het bedank slegs maande nadat sy die kroon gewen het. Singh is tydens ’n seremonie gekroon wat op 15 November 2025 by Emperors Palace gehou is, en was die eerste Indiër-Suid-Afrikaanse vrou geword om die titel te wen.
Briefly berig volgens 'n verklaring het Singh besluit om terug te tree om op belangrike persoonlike prioriteite te fokus en haar gesin eerste te stel. Die organisasie respekteer haar besluit en erken die verantwoordelikheid wat dit verg om keuses te maak wat ’n mens se welstand en persoonlike reis eer.
Die uitvoerende hoof van Mev. Suid-Afrika, Joani Jacobs, sê hulle ondersteun Singh se besluit.
Ná haar bedanking sal die eerste prinses, Carika Bebb, met onmiddellike ingang as Mev. Suid-Afrika oorneem.








Comments