top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Michael Lomas is formeel aangekla

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21, 2024
1 min read

Voormalige Eskom-kontrakteur, Michael Lomas het gistermiddag in die Kempton Park-landdroshof in Gauteng op aanklagte van bedrog en korrupsie verskyn. Dit nadat hy glo kontrakte by die Kusile-kragstasie tussen 2008 en 2018 gemanipuleer het. Lomas is gister uit die Verenigde Koningryk uitgelewer en is hof toe geneem toe hy by die OR Tambo Internasionale Lughawe geland het. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Henry Mamothame, sê Lomas sal na verwagting binnekort by 11 ander medebeskuldigdes in die saak aansluit.

 
 
 

Comments


bottom of page