Microsoft moet ophou om skoolkinders in Oostenryk op te spoor
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 7 days ago
- 1 min read
Oostenryk se databeskermingsowerheid het Microsoft beveel om die gebruik van opsporing-koekies in onderwyssagteware te staak.
Aanlynregte-aktiviste het in 2024 twee klagtes teen Microsoft ingedien en sê dat die maatskappy se onderwyssagteware, wat wyd in skole gebruik word, databeskermingsregte vir kinders skend. Die Oostenrykse databeskermingsowerheid, DSB, het verlede jaar bepaal dat Microsoft studente onwettig opgespoor het met behulp van sy onderwyssagteware en moet hulle toegang tot hul data gee.
AFP berig dat die DSB op 21 Januarie beslis het dat Microsoft geen wettige reg het om persoonlike data te verwerk nie en dus binne vier weke moet ophou om onnodige koekies te gebruik.







Comments