top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MIDDAG SPORT: Australië neem die voorsprong teen die Proteas, White neem die leisels by Fidji oor en, Ellis eis beter afronding van Banyana in Bfn

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
Oct 13
2 min read

Ons slaan af met krieket: Die Proteas het die eerste toets teen Australië met 214 lopies verloor en loop nou met een-nul agter in die reeks van drie wedstryde.


Volgens Reuters is Suid-Afrika op die vyfde en laaste dag by Kingsmead in Durban vir 206 lopies uitgeboul, nadat Australië ’n teiken van 421 gestel het. Aiden Markram het met 75 lopies die beste weerstand gebied, maar die Australiese snelbouler Josh Hazlewood het die Suid-Afrikaners se kolfbeurt met ses paaltjies vir 49 lopies aan skerwe geboul.


Australië se Matt Renshaw is as speler van die wedstryd aangewys ná belangrike bydraes met die kolf in albei beurte.


Volgens SABC News skuif die reeks nou na Gqeberha, waar die tweede toets Sondag begin. Die Proteas sal moet terugbons om die reeks gelyk te maak.

 

In rugby-nuus: Die voormalige Springbok- en Bulls-afrigter, Jake White, is as hoofafrigter van Fidji aangestel terwyl die span vir volgende jaar se Rugbywêreldbeker in Australië voorberei.


White, wat Suid-Afrika in 2007 na Wêreldbeker-glorie gelei het, keer terug na internasionale afrigting nadat hy die Bulls in Julie 2025 verlaat het, en sê hy wil op Fidji se natuurlike talent voortbou en terselfdertyd die span se kenmerkende spelstyl behou.


Sy eerste opdrag is 'n wedstryd teen Japan op 24 Oktober, gevolg deur wedstryde in die Nasieskampioenskap in November teen Frankryk, Ierland en Italië, asook 'n opwarmingswedstryd teen die Springbokke voor die toernooi.


Fidji, wat in Groep C saam met Argentinië, Spanje en Kanada geplaas is, hoop dat White se ervaring, dissipline en wenmentaliteit hulle sal help om konstant teen die wêreld se voorste rugbylande mee te ding.

 

Ons sluit af met sokker-nuus: Banyana Banyana-afrigter, Desiree Ellis, wil hê haar span moet meer kanse skep en meer klinies voor die doel wees wanneer hulle Dinsdagaand in Bloemfontein teen Madagaskar te staan ​​kom in die tweede been van hul CAF-kwalifiseringswedstryd vir die Olimpiese Spele.


Suid-Afrika gaan die wedstryd met 'n stewige voorsprong van 4-0 in, met die oog daarop om deur te dring na die tweede kwalifiseringsronde vir die Olimpiese Spele in Los Angeles in 2028. Ellis sê die twee wedstryde het haar ook in staat gestel om waardevolle speeltyd aan spelers te gee wat nie gewoonlik in die beginspan is nie, en om die span se diepte te versterk vir ingeval senior spelers weens beserings nie beskikbaar sou wees nie.


Die afrigter verwelkom die geleentheid om voor ondersteuners te speel nadat die eerste been agter geslote deure gespeel is. Sy hê haar span moet 'n sterk vertoning lewer en terselfdertyd hul afronding verbeter.


Die voormalige Springbok- en Bulls-afrigter, Jake White, is as hoofafrigter van Fidji aangeste. FOTO: SA Rugby Magazine
Die voormalige Springbok- en Bulls-afrigter, Jake White, is as hoofafrigter van Fidji aangeste. FOTO: SA Rugby Magazine


                                   

 

 

 

 
 
 

Comments


bottom of page