top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MIDDAG SPORT: Cronje mik om vir die Springbokke gekies te word, die Pro20-beker bring uitgebreide aksie en, Tatjana Smith mik na nuwe Olimpiese geskiedenis

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
Sep 23
2 min read

Ons begin met rugby-nuus: Die Leeus se veeldoelige agterspeler, Erich Cronje, hoop om vir die Springbokke se jaareindtoer na Europa gekies te word.


Dit volg nadat hy onlangs opgeroep is na die nasionale span se oefenkamp voor die derde toets teen Nieu-Seeland. Die 29-jarige Cronje het tydens die kamp ’n goeie indruk op die Springbokafrigters gemaak.


Cronje mik nou om ’n uitblinker vir die Leeus te wees om sodoende ’n oproep na die nasionale span te verdien.

 

In krieket-nuus: Suid-Afrika se plaaslike witbalseisoen betree ‘n nuwe era met die uitgebreide Pro20-beker, wat uit 16 spanne bestaan en kombineer saam die T20-uitdaagreeks en die T20-uitklopkompetisie, wat T20-krieket na al nege provinsies neem.


Agt Divisie-1-spanne, sewe Divisie-2-spanne en die SA Opkomende span sal van 25 September tot 14 November in 71 wedstryde speel, waarvan 47 op SuperSport uitgesaai en 24 op KSA se YouTube-kanaal gestroom sal word.


Die spanne word in twee groepe van agt verdeel, waarna die voorste vier spanne van elke groep deurdring na die Super 8-fase, gevolg deur halfeindstryde op 13 November en die eindstryd ‘n dag later.

 

En, in swem-nuus: Die dubbele Olimpiese kampioen, Tatjana Smith, het bevestig dat sy haar swemloopbaan hervat met die doel om Suid-Afrika by die Olimpiese Spele in Los Angeles in 2028 te verteenwoordig in die nuwe 50 meter-borsslag-item.


Smith, wat ná haar twee goue medaljes in Tokyo en Parys uitgetree het, sê LA28 is haar doelwit, maar sy moet eers ’n resiesplan opstel, kwalifiseer en haar plek op die wegspringblokke verdien.


Die 29-jarige sal haar terugkeer van Donderdag af by die Suid-Afrikaanse kortbadkampioenskap in Pietermaritzburg begin, waar sy vir Lane Leader in die 50-, 100- en 200 meter-borsslag ingeskryf is.


LUISTER HIER:


Tatjana Smith

 

GRAFIKA: Pinterest
GRAFIKA: Pinterest

                                   

 

 

 
 
 

Comments


bottom of page