MIDDAG SPORT: Die Junior Bokke maak veranderinge, Buttler skitter terwyl Engeland skoonskip maak en dit is Frankryk en Spanje se beurt in Wêreldbeker sokker

In rugby-nuus: Die Junior Springbok-afrigter, Kevin Foote, het vier veranderinge aan sy beginspan aangebring vir Maandagaand se halfeindstryd in die Onder-20 Wêreldrugby-kampioenskap teen Engeland in Tbilisi.
Kebotile Maake, Luke Cannon, Markus Muller en Luan Giliomee word almal in die beginspan ingesluit, terwyl Foote ’n ses-twee-verdeling op die bank gekies het om die verwagte fisieke stryd die hoof te bied.
Foote sê die ekstra rusdag ná die groepfase het die span in staat gestel om te herstel en glo dat die kombinasie die geskikste is om teen ’n onoorwonne Engelse span te speel. Foote sê sy spelers is goed voorbereid en gretig om Suid-Afrika te verteenwoordig in hul strewe na ’n plek in die eindstryd.
In krieket-nuus: Engeland het ‘n 4-0-oorwinning in die T20-internasionale reeks beklink nadat hulle Indië met 56 lopies in Southampton geklop het. Jos Buttler het ‘n loopbaanbeste telling van 131 lopies van 64 balle aangeteken en Harry Brook het onoorwonne op 95 geëindig toe Engeland ‘n totaal van 257-3 opgestapel het, met Indië wat slegs 201-8 in antwoord kon aanteken.
Die spanne sal voortgaan met ‘n eendag-internasionale reeks wat Dinsdag begin.
Intussen is Brendon McCullum as Engeland se toetsafrigter afgedank ná ‘n reeks teleurstellende uitslae, alhoewel hy steeds in beheer van die witbalspanne sal bly.
In Wêreldbeker sokker-nuus: Frankryk gaan Spanje Dinsdagaand teekom, met die wenners wat dan na die eindstryd om 19 Julie deurdring.
Ons skakel oor na ons korrespondent vir meer oor hierdie en ander wedstryde…








Comments