MIDDAG SPORT: Die Springbok-vroue is vol vertroue, MacGill se appèl teen sy skuldigbevinding het misluk en Switserland haal hul eerste kwarteindstryd sedert 1954
- Saamgestel deur Jana Roos

- Jul 8
- 1 min read
In rugby-nuus: Die Springbok-vroue se hulpafrigter, Laurian Johannes-Haupt, glo dat die ervaring wat by Loftus Versfeld opgedoen is die span ekstra vertroue sal gee vir Saterdag se tweede toets teen die VSA.
Sy sê baie spelers is vertroud met Loftus danksy hul betrokkenheid by die Bulls Daisies, en waardevolle lesse is geleer uit verlede jaar se toets teen Kanada op dié veld. Johannes-Haupt het ook bevestig dat die veelsydige agterspeler, Byrhandré Dolf, die wedstryd sal mis terwyl sy ‘n verpligte rusperiode van tien dae vir spelerswelsyn voltooi, met die wedstryddagspan wat Donderdag aangekondig word.
In krieket-nuus: Die voormalige Australiese toetsdraaibouler, Stuart MacGill, het sy appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis oor ’n kokaïentransaksie verloor.
Die 55-jarige is in 2025 skuldig bevind aan deelname aan die verskaffing van kokaïen en het ’n intensiewe korrektiewe bevel van een jaar en tien maande ontvang, insluitend 495 uur gemeenskapsdiens, eerder as tronkstraf. Die appèlhof in Nieu-Suid-Wallis het beslis dat getuienis oor MacGill se betrokkenheid by ander kokaïenaankope relevant was en het ook sy argument verwerp dat die jurie mislei is.
En, in Wêreldbeker sokker-nuus: Switserland het die kwarteidnstryd vir die eerste keer sedert 1954 gehaal.
Ons skakel oor na ons korrespondent vir meer oor hierdie en ander onlangse wedstryde…
LUISTER HIER:








Comments