top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MIDDAG SPORT: Die Springbokke arriveer in Australië, Wolvaardt en Dercksen skitter en, Manchester United se tienerster wil glo vertrek

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
1 day ago
2 min read

Ons begin met rugby-nuus: Die Springbokke het in Australië aangekom nadat hulle vanuit die VSA gereis het na hul reeks-oorwinning oor die All Blacks in die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks. Hul begin nou met voorbereidings vir hul toetswedstryd teen die Wallabies in Perth.


Sondag se wedstryd by die Optus-stadion sal nog ‘n belangrike stap wees op pad na die Rugbywêreldbeker van 2027, wat in Australië aangebied sal word.


Afrigter Rassie Erasmus verwag ‘n vasberade Wallabies-span en sê sy span sal weer ‘n vertoning van ‘n volle 80 minute moet lewer, terwyl spelersherstel noukeurig bestuur sal word ná ‘n veeleisende reeks wedstryde en langafstandreise.


Die Springbokke begin Vrydag oefen en is vasbeslote om hul toer op ‘n hoogtepunt af te sluit, voordat hulle na Suid-Afrika terugkeer vir die wegwedstryde van die Nasies-Kampieonskap.

 

In krieket-nuus: Laura Wolvaardt het ‘n onoorwonne rekordtelling van 126 aangeteken, terwyl Annerie Dercksen haar beste syfers ooit van 5-15 behaal het toe Zimbabwe vir 120 lopies in net meer as 19 boulbeurte uitgeboul is.


Karabo Meso het haar eerste internasionale vyftigtal behaal, terwyl Wolvaardt se onoorwonne 126 van 62 balle die hoogste individuele telling deur ‘n Protea-kolwer in ‘n internasionale T20-wedstryd vir vroue is.


Suid-Afrika het met 80 lopies gewen en ‘n voorsprong van 3-0 in die reeks geneem met nog twee wedstryde oor, met die vierde T20-wedstryd wat vir môre geskeduleer is.


Wolvaardt en Meso het saam 173 lopies aangeteken, met Messo wat sê dat goeie kommunikasie tot hul indrukwekkende vennootskap bygedra het.

 

En, in sokker-nuus: Manchester United se 15-jarige talent, JJ Gabriel, het na bewering gevra om die klub te verlaat, ten spyte daarvan dat hy as ‘n toekomstige ster beskou word en reeds saam met Michael Carrick se eerste span geoefen het.


Gabriel het sy senior debuut as plaasvervanger in verlede maand se vriendskaplike wedstryd teen Atletico Madrid gemaak, en daar is verwag dat hy Woensdagaand sy mededingende debuut teen Brighton in die Ligabeker sou maak.


Die tiener het ‘n driekuns behaal tydens sy debuut in die UEFA-jeugliga teen Sabah, slegs ‘n paar dae voor die beweerde versoek, terwyl afrigter Adam Lawrence die ondersteuning geprys het wat hy regdeur die klub ontvang het.


Gabriel word sestien in Oktober en het reeds 844-duisend Instagram-volgelinge, maar Manchester United het nog nie die hoop laat vaar om hom by Old Trafford te behou nie.


Manchester United. GRAFIKA: Wikipedia
Manchester United. GRAFIKA: Wikipedia

 

 
 
 

Comments


bottom of page