top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MIDDAG SPORT: Etzebeth is teruggeroep na die Springbok-groep, Norris wen ‘n reëngeteisterde Grand Prix en, Alcaraz wen die Paryse Meesterstitel vir die eerste keer

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
4 days ago
2 min read

In rugny-nuus: Eben Etzebeth is teruggeroep na die Springbok-groep vir die res van die Nasieskampioenskap nadat hy van sy besering herstel het. Die 35-jarige slot, wat met 147 toetswedstryde Suid-Afrika se speler met die meeste toetsverskynings is, sal by die span in Frankryk aansluit voor Vrydag se kragmeting met Frankryk in Parys.


Volgens Reuters vervang Etzebeth die jong losskakel Yaqeen Ahmed, wat weens ’n skouerbesering na Suid-Afrika terugkeer.


Ahmed, wat nog nie sy toetsdebuut gemaak het nie, het die grootste deel van die voorbereiding vir Saterdag se oorwinning oor Italië misgeloop. Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê Etzebeth se ervaring en leierskap sal waardevol wees met belangrike wedstryde teen Frankryk en Ierland wat voorlê.

                                                                            

In motorsport-nuus: Lando Norris het die Brasiliaanse Grand Prix vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen, terwyl Mercedes ook die Formule Een-konstrukteurskampioenskap beklink het.


Die McLaren-jaer het Sondag in moeilike, nat toestande by die Interlagos-baan in São Paulo van die voorste wegspringposisie af geseëvier. Max Verstappen van Red Bull het tweede geëindig nadat hy vanaf die 21ste plek op die wegspringrooster teruggeveg het, terwyl sy spanmaat Isack Hadjar derde was.


Volgens SABC-sport is dit Mercedes se negende konstrukteurstitel en hul eerste sedert 2021. Die span het die titel verseker met nog vier wedrenne van die seisoen oor.

Norris het sy 14de Grand Prix-oorwinning behaal en sy eerste sedert die Nederlandse Grand Prix in Augustus.


Mercedes se George Russell het vierde geëindig, met die jong Italiaanse jaer Kimi Antonelli in die vyfde plek.

 

En, in tennis-nuus: Carlos Alcaraz het wraak geneem vir sy Amerikaanse Ope-nederlaag teen Ben Shelton deur die Amerikaner met 7-6, 7-5 te klop en die Paryse Meesterstoernooi vir die eerste keer te wen.


Die oorwinning het die wêreld- nommer drie se negende ATP 1000-titel besorg en het die eerste Spanjaard sedert David Ferrer in 2012 geword, om die titel in Parys te verower. Alcaraz, wat die titel eers met sy sesde poging kon verower, het nou drie titels sedert sy Amerikaanse Ope-terugslag gewen en mik daarna om die seisoen sterk af te sluit by die ATP-eindtoernooi en die Davisbeker-eindstryd.


Eben Etzebeth is teruggeroep na die Springbok-groep vir die res van die Nasieskampioenskap nadat hy van sy besering herstel het. FOTO: The Athlete/argief
Eben Etzebeth is teruggeroep na die Springbok-groep vir die res van die Nasieskampioenskap nadat hy van sy besering herstel het. FOTO: The Athlete/argief

 

 

 
 
 

Comments


bottom of page