top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Midde-Ooste: Die VN gaan gestrande matrose ontruim

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Die Verenigde Nasies (VN) se Internasionale Maritieme Organisasie sê hy gaan ’n grootskaalse operasie van stapel stuur om meer as 11 000 matrose wat ná die VSA-Israel-oorlog teen Iran in die Golf gestrand is te ontruim.


Die VN se sekretaris-generaal, Arsenio Dominguez, sê die operasie sal saam met Iran, Oman, die VSA en ander rolspelers in die streek uitgevoer word nadat veiligheidswaarborge bekom is.


Intussen het die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, tydens ’n besoek aan die Golf gewaarsku dat internasionale reg nie toelaat dat lande tolgelde op die Straat van Hormuz hef nie.


Die Straat van Hormuz. FOTO: Al Jazeera
Die Straat van Hormuz. FOTO: Al Jazeera

 
 
 

Comments


bottom of page