top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Midde-Ooste: Lamola sê VSA se stappe teen Iran gaan nie spanning oplos nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 4 days ago
  • 1 min read

Die minister van internasionale betrekkinge, Ronald Lamola, sê die VSA se blokkade van Iranse hawens sal nie spanning in die Midde-Ooste oplos nie.


Lamola het Maandag in Duitsland gepraat, waar hy Suid-Afrika se standpunt herbevestig het dat dialoog die enigste pad na vrede bly. Hy sê beide die VSA en Iran het die Verenigde Nasies se handves oortree, terwyl hy ook Iran se vergeldingsaanvalle op Golfstate veroordeel het.


Lamola het gevra dat die wapenstilstand voortduur en het hernude onderhandelinge oor Iran se kernprogram aangemoedig. Hy sê dat vertrouensbouende maatreëls en geduld noodsaaklik is om ‘n blywende, vreedsame oplossing te bereik.


Ronald Lamola. FOTO: Dirco
Ronald Lamola. FOTO: Dirco

Comments


bottom of page