Midde-Ooste: SA moet spring om die ekonomiese slag te versag
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 23
- 1 min read
Die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa (BLSA), Busisiwe Mavuso, waarsku dat Suid-Afrika vinnig en berekend sal moet optree om die ekonomiese slag van die oorlog in die Midde-Ooste te versag – en terselfdertyd die geleenthede wat dit bied, aan te gryp.
Volgens Mavuso is die omvang van die ekonomiese skade direk gekoppel aan hoe lank die konflik voortduur.
Maroela Media berig Mavuso voeg by Suid-Afrikaanse sakeondernemings werk reeds daaraan om die skade te beperk, en dit is noodsaaklik dat politici moet saamwerk. Daar is wydverspreide kommer oor die impak van brandstofpryse – van klein ondernemings tot groot maatskappye.
Sy wys daarop dat veral die mynbedryf swaar getref sal word weens hoër koste vir pad- en spoorvervoer wat op diesel staatmaak, asook stygende bedryfskoste by die myne self.
Verbruikers sal dit ook direk aan hul sakke voel, wat besteding en sakevertroue verder onder druk gaan plaas.








Comments