top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Midde-Ooste: Trump is ongelukkig met Iran se voorwaardes om die oorlog te beëindig

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 11
  • 1 min read

Amerika se president Donald Trump het Iran se voorwaardes om die oorlog in die Midde-Ooste te beëindig as “heeltemal onaanvaarbaar” bestempel. Dit verhoog die moontlikheid van hernieude konflik ná weke se onderhandelinge.


Maroela Media berig Iran het Sondag op die VSA se jongste vredesvoorstel gereageer en gewaarsku dat hy nie sal huiwer om op enige nuwe Amerikaanse aanvalle terug te slaan of verdere buitelandse oorlogskepe in die Straat van Hormuz toe te laat nie.


Trump het self geen besonderhede oor Iran se teenvoorstel bekend gemaak nie, maar het in ʼn kort plasing op sy Truth Social-platform duidelik gemaak dat hy dit verwerp.


Iran het intussen sy uitdagende houding behou, ondanks diplomasie agter die skerms. Iran se president, Masoud Pezeshkian, het op X geskryf hulle sal nooit voor die vyand buig nie, en as daar sprake van dialoog of onderhandeling is, beteken dit nie oorgawe of terugtog nie.


Intussen het hommeltuigaanvalle in die Golfstreek gister die brose skietstilstand verder onder druk geplaas. Die Verenigde Arabiese Emirate het gesê hul lugverdedigingstelsels het twee onbemande vliegtuie wat vanuit Iran gelanseer is, onderskep. Kuwait het ook ʼn beweerde aanval aangemeld, terwyl Qatar gesê het ʼn vragskip is in sy waters deur ʼn hommeltuig getref.


President Donald Trump. FOTO: History
President Donald Trump. FOTO: History

 
 
 

Comments


bottom of page