top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Midde-Ooste: Trump sê Amerikaanse militêre optrede kan binne weke eindig

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Amerika se president Donald Trump sê die VSA sal binnekort uit Iran onttrek en dat Amerikaanse militêre optrede moontlik binne twee of drie weke kan eindig.


Hy sê die VSA het die doelwitte bereik wat gestel is voordat lugaanvalle teen Iran in Februarie in samewerking met Israel begin het. Die BBC berig Trump sê die primêre doel was om Iran se vermoë om ’n kernwapen te verkry te beperk.


Trump sê ook dat die VSA nou die Iranse lugruim oorheers en dat daar ook ’n regimeverandering plaasgevind het ná die dood van baie senior politieke en militêre leiers. Hy het die nuwe leiers in Tehran beskryf as “baie minder geradikaliseer” en “meer rasioneel” in vergelyking met hul voorgangers.


Trump sê verder dat Iranse leiers smeek om ’n ooreenkoms met die VSA te maak om die oorlog te beëindig—iets wat voorheen deur Iran ontken is. Hy voeg by dat die oorlog kan eindig sonder ’n formele ooreenkoms tussen die twee kante.


Oor die oorlog se invloed op stygende brandstofpryse sê die president dat pryse sal daal sodra die VSA sy militêre optrede beëindig.


Die Withuis se mediasekretaris, Karoline Leavitt, sê Trump sal na verwagting Woensdag 'n opdatering oor Iran gee.


President Donald Trump. FOTO: BBC
President Donald Trump. FOTO: BBC

Comments


bottom of page