SA is bereid om as bemiddelaar in die Midde-Ooste op te tree
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 minutes ago
- 1 min read
Indien die geleentheid hom voordoen sê President Cyril Ramaphosa Suid-Afrika is bereid om as bemiddelaar in die konflik in die Midde-Ooste op te tree.
Volgens Maroela Media het Ramaphosa tydens die Afrika-Energie-indaba in Kaapstad gesê Suid-Afrika steun oproepe vir ’n skietstilstand.
Hy het die situasie in die Midde-Ooste as rampspoedig en uiters gevaarlik beskryf, en gewaarsku dat die konflik wyer as net die betrokke lande kan versprei.
Ramaphosa sê hy het reeds met sommige staatshoofde in die streek gepraat om Suid-Afrika se meegevoel oor te dra en hulle aangemoedig om die veiligheid van burgerlikes te prioritiseer.
Hy voeg by dat dialoog die beste manier bly om konflik te beëindig en dat Suid-Afrika gereed is om enige rol te speel wat die Verenigde Nasies van die land sou verwag.







Comments