top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Midde-Oosterse konflik hou gevare vir SA walvisse in

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 11
  • 1 min read

Die konflik in die Midde-Ooste verhoog die gevaar vir walvisse langs die Suid-Afrikaanse kus.


Maroela Media berig navorsers het aan AFP gesê dit is aangesien skeepsverkeer toenemend deur die walvisse se habitat herlei word en gevolglik die risiko van botsings vergroot. Onlangse aanvalle en die konflik in Iran wat deurvaart deur die Straat van Hormuz belemmer het, het daartoe gelei dat skeepsmaatskappye meer vaartuie om die Kaap die Goeie Hoop stuur.


Die verslag aan die Internasionale Walvisvaartkommissie stel voor dat geringe verskuiwings van skeepsroetes verder van die kus af sekere walvisspesies se blootstelling aan botsings met tussen 20% en 50% kan verminder.


Die hoof van die Ocean Action Network, Estelle van der Merwe, sê een oplossing kan wees om skepe via ʼn toepassing of radioboodskap van groot walvisgroepe bewus te maak. Daar word ook ondersoek ingestel na die gebruik van KI-aangedrewe kameras op skepe.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page