Middelinkomste-gesinne sukkel om universiteitsgelde te bekostig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 12
- 1 min read
Suid-Afrikaanse huishoudings wat tussen R350 000 en R600 000 per jaar verdien, ervaar toenemende druk omdat hulle nie vir staatsbefondsing kwalifiseer nie, maar steeds sukkel om universiteitsgelde te bekostig.
Die stigter van ZenFund Connect, Ryan Passmore, sê dié gesinne vorm deel van die sogenaamde “missing middle”, met baie studente wat nie toegang tot hoër onderwysgeleenthede het nie.
Hy sê die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente het meer as 900 000 eerstekeer-aansoeke in 2026 ontvang, wat die groeiende vraag na finansiële ondersteuning beklemtoon.
Passmore waarsku dat klasgeld en lewenskoste, wat op sowat R19 000 per maand by die Universiteit van Pretoria geraam word, vir baie middelinkomste-gesinne steeds onbekostigbaar is.








Comments