top of page

Mieliemeelpryse 'behoort vanjaar te stabiliseer'

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Feb 15
  • 1 min read

Mieliemeelpryse sal na verwagting vanjaar stabiliseer ná uitdagings met mielieproduksie die afgelope twee jaar. Dit is volgens die hoofekonoom van die Landboubesigheidskamer van Suid-Afrika, Wandile Sihlobo. Die daling in pryse het verlede week begin. Die verandering in pryse op die winkelrakke sal eers ná drie maande opgemerk word. Sihlobo sê geel mielies is minder as R5 000 per ton en wit mielies is minder as R5 500 per ton. Verdere dalings in hierdie pryse word verwag.

 
 
 

Comments


bottom of page