Mielies en soja breek rekords in die Groei vir Goud-kompetisie
- Ilde Roos

- Sep 28
- 1 min read
'n Totaal van 11 nuwe rekords is in Graan SA se Groei vir Goud-kompetisie opgestel. Dit is te danke aan vanjaar se natter tweede helfte van die seisoen, wat mielie- en sojaboon-opbrengste tot rekordhoogtes gestoot het.
Netwerk24 berig Suid-Afrika se topgraanprodusente is vereer vir hul uitmuntende opbrengste, innovasie en bydrae tot nasionale voedselsekerheid.
Graan SA sê vanjaar se toekennings was histories, met ’n oplewing van nuwe nasionale rekords in mielie-, koring- en sojaboonkategorieë wat die aanpasbaarheid en kundigheid van Suid-Afrikaanse produsente bevestig, selfs in ’n seisoen gekenmerk deur klimaatsuitdagings.
Graan SA se hoof van toegepaste ekonomie en lededienste, Corné Louw, sê die Groei vir Goud-toekennings is ingestel om uitnemendheid in opbrengs te erken, maar ook die innovasie, rentmeesterskap en veerkragtigheid agter daardie syfers.






Comments