top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Miide-Ooste: Markte kan onder druk wees weens die oorlog wat steeds woed

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 13
  • 1 min read

Ontleders waarsku dat markte nou onder druk kan wees, aangesien die Verenigde State en Iran nie daarin geslaag het om ‘n ooreenkoms te bereik om hul oorlog te beëindig nie. Afvaardigings van die twee lande het in Pakistan vredesgesprekke gevoer na ‘n onlangse tydelike wapenstilstandooreenkoms.


BusinessTech berig dat dit nog ‘n verskuiwing na risiko-af-sentiment kan veroorsaak, wat die rand onder druk kan plaas. Dit kom nadat die geldeenheid verlede week gestyg het en van die verliese wat sedert die oorlog in die Midde-Ooste uitgebreek het, herstel het.


Energiepryse het aansienlik gestyg sedert Amerika en Israel Iran in Februarie vanjaar aangeval het, en brandstofpryse in Suid-Afrika sal na verwagting vroeg volgende maand weer aansienlik styg.


Wapenstilstandsamesprekigs het egter hierdie naweek ’n dooiepunt bereik, met die Amerikaanse president Donald Trump wat dreig om die Straat van Hormuz te blokkeer. Dit sal na verwagting ’n reaksie van globale markte ontlok.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page