Militêre veterane in die Mangaung-metro ontvang voedselpakkies
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Meer as 50 militêre veterane in Bloemfontein het voedselhulp en tuingereedskap ontvang as deel van die Vrystaatse Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake se voedselveiligheidsinisiatief.
Volgens inligting wat deur die departement gedeel is, is voedselpakkies aan veterane by die Paradise-saal in die Mangaung-metro oorhandig.
Nege veterane het ook saad en tuingereedskap ontvang om hul agterplaastuine te onderhou.
Die departement sê die projek is daarop gemik om voedselonsekerheid te bekamp en ondersteuning aan militêre veterane en hul families te bied.
Die inisiatief sal volgens die departement in die komende maande ook na ander distrikte uitgebrei word.








Comments