top of page

Miljarde glo nodig om skole infrastruktuur aan te spreek

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Mar 12
  • 1 min read

Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het aan die Nasionale Raad van Provinsies verduidelik dat ’n beraamde R129 miljard nodig is om kritieke infrastruktuur-agterstande by skole landwyd aan te spreek. Maroela Media berig Gwarube sê die finansiële uitdaging hou verband met onvoldoende infrastruktuur vir doeltreffende onderrig en leer. Die befondsing sal glo ’n einde bring aan onder meer puttoilette en onveilige strukture. Dit sal ook voorsiening maak vir noodsaaklike infrastruktuur soos lessenaars, behoorlike sanitasie, klaskamers en heinings om ’n veilige leeromgewing vir leerders te bevorder. Intussen sê Gwarube dat die departement voortgaan met gesprekke met belanghebbendes oor finansieringsoplossings.

 
 
 

Comments


bottom of page