top of page

Miljarde rande nodig om Vrystaatse paaie te herstel

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 13
  • 1 min read

Volgens die Vrystaatse Departement van Paaie word daar onderskeidelik R30 en R15 miljard benodig om teer- en grondpaaie in die provinsie te herstel. Luidens ‘n mediaverklaring van die VF Plus is dit gelykstaande aan die totale begroting van die Vrystaatse regering vir die nuwe finansiële jaar. Die grootste deel van die provinsiale begroting word, volgens die party, al jare lank aan maatskaplike departemente soos gesondheid en onderwys toegeken terwyl padinfrastruktuur aan die agterspeen suig. Die provinsie het wel agtien paaie aan die Suid-Afrikaanse nasionale padagentskap (Sanral) oorhandig vir herstelwerk. Luidens ‘n verslag van die departement word prosesse tans gevolg om nasionale rampbestuurfondse vir vloedgeteisterde paaie in die provinsie te verkry.

 
 
 

Comments


bottom of page