top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Miljarde rande se eise deur WVF betaal

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 21, 2024
1 min read

Sowat R2,9-miljard se uitstaande eise is deur die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) in die eerste en tweede kwartaal van die huidige boekjaar, aan kwalifiserende begunstigdes, betaal. SABC News berig die Minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, het die Portefeuljekomitee ingelig oor die jaarlikse prestasieverslag vir die jaar onder oorsig. Volgens Meth is hierdie uitbetalings ‘n groot prestasie. Sy voeg by dat beduidende vordering gemaak is om die agterstande met uitstaande eise aan te spreek, met 99% van goedgekeurde voordele wat binne tien werksdae betaal is. Sy het ook die komitee verseker dat haar departement die kwessies wat deur die ouditeur-generaal geopper is, hanteer. Pogings om interne beheermaatreëls te versterk is ook aan die gang.

 
 
 

Comments


bottom of page