top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Miljardêr neem eerste kommersiële ruimtewandeling

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 13, 2024
1 min read

Die Tegnologie-miljardêr Jared Isaacman is die eerste person wat 'n privaat befondsde ruimtewandeling geneem het. Die SpaceX Polaris Dawn-sending het mense, die week, verder in die ruimte as enigiemand in meer as 50 jaar geneem. Terug by die huis het ons almal baie werk om te doen, maar van hier af lyk die Aarde soos 'n perfekte wêreld, het die 41-jarige ruimte-entoesias aan sendingbeheer in Hawthorne, Kalifornië, gesê. Isaacman is gevolg deur Sarah Gillis, 'n senior ingenieur by SpaceX wat jare lank aan sendings van die grond af gewerk het. Gillis (30) het bewegingstoetse gedoen om te bepaal hoe die nuwe SpaceX-pak – ’n veel minder lywige ekwivalent van die NASA-toerusting – in die vakuum van die ruimte werk. Die mylpaal is deur NASA as ʼn reusestap vorentoe vir die ruimtebedryf bestempel.

 
 
 

Comments


bottom of page