top of page

Miljoene kinders gebruik glo e-sigarette

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 8
  • 1 min read

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het onthul dat meer as 100-miljoen mense, insluitend ten minste 15-miljoen kinders, e-sigarette gebruik.


Die BBC berig dat die WGO waarsku dat e-sigarette ’n nuwe golf van nikotienverslawing aanvuur.


Volgens die organisasie is kinders gemiddeld nege keer meer geneig om te damprook as volwassenes. Dit beweer dat die tabakbedryf jongmense aggressief teiken.


Die organisasie sê regerings regoor die wêreld moet vinniger en strenger optree in die implementering van bewese tabakbeheerbeleide.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page