Miljoene liters brandstof is oppad na OR Tambo
- Armando Pieters

- Jan 27
- 1 min read
Voglens die Departement van Vervoer is 121 miljoen liter brandstof vir die OR Tambo Internasionale Lughawe verseker. Dit volg na dié brandstof-tekort weens ‘n brand vroeër vandeesmaand by die Natref-raffinadery. Verskeie vliegtuie kon nie brandstof aanvul nie, wat passasiers gestrand gelaat het. Lugrederye is gedwing om alternatiewe reëlings te tref om brandstof by Windhoek in Namibië, Durban en ander bestemmings te beveilig. Die departement sê die brandstof sal na verwagting volgende maand by die Durban hawe arriveer.





Comments