Miljoene rande is vir die opknapping van die Bloemfontein-dieretuin toegeken
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 4
- 1 min read
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het R30 miljoen oor 'n tydperk van drie jaar toegeken vir die opknapping van die Bloemfontein-dieretuin. Volgens SABC News sê woordvoerder Qondile Khedama die fondse sal ook gebruik word om te verseker dat die munisipaliteit aan diereregulasies voldoen. Hy voeg by die munisipaliteit het veeartsenykundige en omgewingspesialiste aangestel om dieremishandeling te voorkom en hul welstand te verseker. Dit kom nadat die dieretuin in 2019 gesluit is na aanleiding van regulatoriese kwessies wat deur die Dierebeskermingsvereniging (DBV) geopper is, en openbare verontwaardiging oor die verskriklike toestand waarin die diere verkeer. Volgens Khedama sal die heropening van die dieretuin na verwagting in 2027 plaasvind.





Comments