Miljoene rande se dwelms is op ‘n ‘wildsplaas’ gevind
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 13
- 1 min read
Dwelms ter waarde van minstens R100 miljoen is op ’n plaas in Swartruggens in die Noordwes gevind.
Die polisie het 11 mense, onder wie vier Meksikaanse burgers, in hegtenis geneem ná ’n klopjag op die eiendom.
Volgens die polisie is ’n uitgebreide dwelmoperasie op die plaas bedryf, wat glo as ’n wildsplaas voorgedoen het.
Die eienaar van die eiendom was nie op die toneel toe die polisie toegeslaan het nie.
Polisiewoordvoerder, brigadier Athlenda Mathe, sê ’n multidissiplinêre span is steeds besig met ondersoeke.








Comments