Miljoene rande se vermoedelike gesteelde koperkabels is in die Vrystaat onderskep
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 21, 2025
- 1 min read
Byna 18 000 ton koperkabels met 'n geraamde straatwaarde van R3 000 000 is gekonfiskeer na die polisie ‘n vragmotor buite Henneman, in die Vrystaat, opgemerk en onderskep het. Polisiewoordvoerder, Sersant Palesa Thabana, sê in ‘n mediaverklaring die vragmotorbestuurder kon nie rekenskap gee van die kabels na hy versoek is om dokumentasie te verskaf nie. Die 43-jarige man is ingehegtenis geneem. Hy staan tereg op 'n aanklag van skade aan noodsaaklike infrastruktuur en sal binnekort in die Henneman-landdroshof verskyn.






Comments