Miljoene rande se vervalste goedere is in Bloemfontein gekonfiskeer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 30, 2025
- 1 min read
Die polisie in die Vrystaat het op nagenoeg 13 000 stuks vervalste goedere ter waarde van R19 miljoen in Bloemfontein beslag gelê. Maroela Media berig ses buitelandse burgers is tydens twee afsonderlike operasies in Bloemfontein aangekeer vir die oortreding van die Immigrasiewet. ʼn Bykomende aanklag vir verset teen inhegtenisneming staar ook een van die verdagtes in die gesig. Deursoeking-en-beslagleggingsoperasies is uitgevoer in ooreenstemming met die Wet op Doeane en Aksyns by geteikende winkels in die Bloemfonteinse middestad. Volgens polisiewoordvoerder, Luitenant-kolonel Amanda van Wyk, sluit die items wat gekonfiskeer is onder meer klere, skoene, sakke en juweliersware in. Die meerderheid van die items is nabootsings van eksklusiwe luukse handelsmerke.







Comments