top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Miljoene Suid-Afrikaners sal jaarliks vir TB getoets word

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 20, 2025
  • 1 min read

In ‘n poging om nuwe Tuberkulose infeksies hok te slaan en TB-verwante sterftes te verminder beplan die regering om jaarliks vyf miljoen Suid-Afrikaners te toets. SABC News berig alhoewel dit geneesbaar is, bly TB een van die grootste oorsake van sterftes wêreldwyd. In Suid-Afrika is dit die hoofoorsaak van sterftes by mans. In 2023 alleen is 270 000 nuwe TB-gevalle aangeteken, wat tot 56 000 sterftes gelei het – 54% daarvan was mense wat met MIV leef. Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het die toetsteiken by 'n mediawerkswinkel in Sandton aangekondig dae voor Wêreld-TB-dag op 24 Maart herdenk word en die End TB-veldtog geloots sal word.

 
 
 

Comments


bottom of page