Min Suid-Afrikaners glo hulle kan gemaklik aftree
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 25
- 1 min read
Slegs sowat 10% van Suid-Afrikaners glo hulle sal op 60 gemaklik kan aftree.
Eighty20 se direkteur, Andrew Fulton, waarsku dat ’n verouderende bevolking toenemende finansiële druk in die gesig staar.
Hy sê baie ouer burgers maak al hoe meer staat op krediet om kop bo water te hou.
In die vierde kwartaal alleen het finansieel kwesbare mense van 65 jaar en ouer meer as 600 000 lenings uitgeneem.
Fulton waarsku dat mense nie hul langtermynvooruitsigte moet benadeel deur aftreespaargeld vroeg te gebruik om huidige uitgawes te dek nie.








Comments