top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Minder as 20% moet nog hul CENTLEC meters opgradeer

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 28, 2024
1 min read

Die elektrisiteitsverskaffer, CENTLEC beklemtoon dat die Token Identifier (TID) Rollover-sperdatum steeds 24 November 2024 is.  Meer as 80% van Centlec se voorafbetaalde meters is reeds opgegradeer. Bloemfonteiners wat nog nie hul meters opgegradeer het nie, kan dit doen deur bloot elektrisititeitseenhede aan te koop. Indien jou meter nog nie opgegradeer is nie sal jy, wanneer jy die eenhede koop, drie stelle 20-syfer-kodes ontvang met die laaste een wat die eenheidstokenkode sal wees. Sodra jy al drie stelle kodes ingelees en aanvaar het, is jou meter suksesvol opgegradeer. CENTLEC Woordvoerder, Lele Mamatu, verduidelik dat ‘n vorige omsendbrief genoem het dat die TID sperdatum tot 31 Mei 2025 uitgestel is, dit is slegs van toepassing op die genering van sleutelveranderingstekens, en dus sal alle voorafbetaalde meters wat nie voor die 24ste November opgegradeer het nie, nie voorafbetaalde tokens kan oplaai nie.

 
 
 

Comments


bottom of page