Minder vuurwapenlisensies word hernu
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Aug 7
- 1 min read
Al hoe minder vuurwapeneienaars hernu hul vuurwapenlisensies, wat volgens Gun Free South Africa 'n ernstige veiligheidsrisiko inhou.
SABC News berig die organisasie se navorsing toon dat die hernuwing van vuurwapenlisensies sedert 2022 met sowat 75% afgeneem het.
Honderde duisende vuurwapeneienaars het ná 'n uitspraak van die Konstitusionele Hof nie hul lisensies hernu nie, al vereis die wet dit.
Volgens Gun Free South Africa is vuurwapens waarvan lisensies nie hernu is nie, onwettig in besit en behoort die polisie teen dié eienaars op te tree.








Comments