Minimumloonbeskerming bly van kritieke belang

Sep 1
1 min read
Die nasionale minimumloon bly ’n kritieke beskerming in sektore waar baie vroue werk.
Volgens die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth dra vroue en jongmense steeds die las van Suid-Afrika se hoë werkloosheidsyfer en stygende lewenskoste.
Sy voeg by dat baie ekonomies aktiewe vroue in die informele ekonomie werk, waar hulle dikwels nie toegang tot arbeidsbeskerming het nie.
Die minister sê die afdwinging van die nasionale minimumloon, wat tans R30.32 per uur is, moet ’n departementele prioriteit bly.








Comments