Minister Aucamp verseker boere van ondersteuning

Die minister van Landbou, Willie Aucamp, het boere verseker dat die regering met die sektor sal saamwerk om die impak van droogte te versag. Dit aangesien El Niño-toestande na verwagting deur die 2026/27-somerseisoen sal voortduur.
Aucamp sê die regering sal vroeë waarskuwingstelsels versterk en gereelde weeropdaterings verskaf, veral oor uiterste hitte.
Boere word aangespoor om klimaatslim boerderymetodes te gebruik, water te bespaar en vee te bestuur volgens beskikbare weiding.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen ondernormale reënval en hoër temperature in baie dele van die land.
Aucamp sê tegnologie, innovasie en boere se veerkragtigheid sal die sleutel wees tot die bestuur van die verwagte uitdagings.








Comments